Is jy 'n trofeejagter?

Is jy 'n kenner van die verskillende diersoorte en trofees? As jy is, en jy wil graag as 'n trofeemeter (S.A. Rekordboek) kwalifiseer, kan jy met die Hoof van Opleiding van die Uitvoerende Bestuur skakel om te hoor wanneer hulle weer so 'n kursus aanbied.

Hierdie kursusse word nie gereeld aangebied nie, aangesien BJV net 'n beperkte aantal trofeemeters verkies, om kontiniuteit en konsekwentheid te verseker.

Die kursus behels 'n teoretiese gedeelte en 'n praktiese gedeelte, en 'n hoe slaagpunt verseker goeie gehalte meters. Nadat die teoretiese en praktiese eksamens geslaag is, moet die aspirantmeter ook op die volgende twee jaarlikse Trofeemetingskompetisies onder toesig van 'n gekwalifiseerde meter meet, voordat hy of sy kan kwalifiseer as 'n S.A. Rekordboekmeter.

Are you a trophy hunter?

Are you an expert on the different animal species and trophies? If you are, and would like to qualify as a trophy meter (S.A. Record Book), you can contact the Chief Executive Officer of Training to hear when they are offering such a course again.

These courses are not offered regularly, as BJV prefers only a limited number of trophy meters, to ensure continuity and consistency.

The course comprises a theoretical part and a practical part, and a high pass mark ensures good quality meters. After passing the theoretical and practical exams, the aspirant meter must also measure at the next two annual Trophy Measurement Competitions under the supervision of a qualified meter, before he or she can qualify as an S.A. Record book meter.