NUWE CHASA LESINGS (IN ENGELS)

Die nuwe CHASA lesings is op die webwerf ingesit onder Lede / Kursusse & Aktiwiteite / Senior kursus. Omdat dit baie groot is, is dit in 4 dele verdeel van 50 bladsye elk. Laai asseblief die PDF leêr onderaan die bladsy af en druk dit uit as u wil (dit is amper 200 bladsye) of stoor dit op u rekenaar. Op hierdie stadium is dit nog net in Engels beskikbaar, maar een van die CHASA lede is besig om dit in Afrikaans te vertaal.

PIN SKIET

BJV Letaba is bevoorreg om amptelik die Tzaneen PIN skiet klub te verwelkom

Vuurwapenlisensie hernuwings - Kontak Chris de Wet  083 423 6600 

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Toegewyde Jagterstatus:
Alle Toegewyde Jagters van BJV is in Maart 2008 oorgeplaas vanaf CHASA na BJV - dit beteken dat elke BJV lid 'n nuwe BJV Toegewyde Jagter Sertifikaat  sal ontvang - die nuwe sertifikate is by die Sekretaresse beskikbaar  en kan daar afgehaal word. BJV Voorsitter bevestig elke Desember aan CHASA die BJV Toegewyde Jagters wat aktief en opbetaald is. Ongelukkig was daar 'n paar BJV lede wat hulle Toegewyde Jagterstatus verloor het omdat hulle nie bewyse van aktiwiteite voorgelê het nie. Ook in Letaba tak het  lede ongelukkig hulle status verloor. Dit is baie belangrik om reeds voor 1 November elke jaar  julle bewyse van jagte by die Sekretaresse in te handig dat sy dit op leêr kan sit en op die databasis op die webwerf kan aanbring. Onthou dat as jy jou status verloor het, mag jy onmiddelik net 4 vuurwapens op jou naam hê en alles meer as 4 moet dan by die SAPD ingehandig word vir vernietiging of onmiddelik verkoop word. Jy gaan dit waarskynlik ook baie moeilik regkry om weer hierdie status te bekom. Alle BJV aktiwiteite word outomaties op die web aangebring teen jou rekord, MITS jy seker maak jy teken die register of die vrywaringsvorm by die hek EN dat jou lidnommer ook aangeteken is.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~