Impala-aande is aanvanklik ingestel om skakeling tussen BJV en die media, besighede en die breë publiek te bevorder. Deesdae word hierdie aande by takke gehou om gesellige bymekaarkom-aande vir lede te bewerkstellig en daar word gewoonlik ‘n spreker van byvoorbeeld Natuurbewaring of ander instansies wat raakpunte met BJV het, genooi om lede toe te spreek oor een of ander interessante of aktuele onderwerp.

Takke word aangemoedig om hierdie aande weer deel te maak van hulle Jaarprogram en om weer nader aan die oorspronklike doel van hierdie aande te beweeg. Kom ons gebruik weer hierdie aande om as reklame vir BJV te dien en om ons beeld na buite te verbeter