Bosveld Jagters en Wildbewaring vereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging
Letaba Notules

 

Notule van die BJV Letaba Ledevergadering gehou op 5de Maart  2015 om 18:00 te BJV Klubhuis

 

 

1.           Opening en verwelkoming:

Francois Malan verwelkom almal teenwoordig en Tinus Erasmus open met gebed.

 

2.           Doelstellings:

Doelstellings word gelees deur Andre Espach.

 

3.           Lief en Leed:

Oom Chris deel aan ons dat Prof Koos Thabazimbi toe verhuis.  Baie geluk aan Oom Rob met sy nuwe voertuig.

4.           Verjaarsdae:

Francois wens elkeen geluk wat in die maand verjaar.

5.           Teenwoordig:

          Teken rond gaande presensie lys.

6.           Verskonings:

 Bosman Kruger                          Dawie van Vuuren

 

7.           Vorige notule:

Die vorige notule word voorgehou. Nadia Venter neem notule. Voorsteller:  Tinus Erasmus, Sekondant: Leon Whitehead.

 

8.           Finansies & Administrasie:

                           Finansiële verslag word voorgelê: Giam Fourie syfers is wat op

                28/02/2015 in die rekeninge was. Giam het vir ons kortliks opgesom waar   die finansies staan van BJV.  Hy het verduidelik daar daar redelike gelde

                Spandeer is aan die opgradering van die .22 en Kleiduif baan. Indien daar

                enige verdere navrae is kan Giam of Nadia gekontak word dan sal hulle

                meer kan uitvind oor waar die fonde is. Hansie sê dat ons net moet kyk na

                die mense wat opleiding gee se MOU’s en net seker maak alles is in orde.

                Francois verduidlik aan lede dat die Nie lede het ons finansies altyd

                ‘n hup stoot gegee, maar die opleiding is in die afgelope tyd baie af.

BJV Spaarrekening

R 1 011.70

BJV Tjekrekening

    R 9 196. 79

Money Market

  

                        

R 23 013.66

 

              

9.     Nuwe Lede & Toegewyde Status:

9.1    Nuwe Aansoeke:       

 

Keagan Meyer

Megan Meyer

Rigard Dyer

Kevin Fedderke

Tom Schoeman

Diekie Schoeman

Andre Espach

 

 

Goedgekeur

Goedgekeur

Goedgekeur

Goedgekeur

Goedgekeur

Goegekeur

Goegekeur

9.2    Toegewyde Jagterstatus:

          Dian Botha                                                 Goedgekeur

          Michelle Els                                                 Goedgekeur

9.3    Gevorderde Jagter Toekenning:       

9.4    Chasa Toegewyde Sport Skut Aansoeke:

         Armando Dos Ramos                                    Goedgekeur

        Anita Smith                                                 Goedgekeur

        Bryan Hyland                                              Goedgekeur

       

        10.   Notule Sake voortspruitend uit die vorige beplannings vergadering:

        Geen

11.    Klubhuis en Skietgrond     

11.1  Klubhuis

        JJ & Company het vir ons plafon gevorg vir die klubhuis.  Baie dankie aan   Giam en sy span wat ons help daarmee.

11.2  Skietbaan

        Francois verduidelik dat ons gaan so gou as moontlik probeer om skadunet by daardie skietpunt op te kry.  Francois bedank ook vir Stefan vir sy harde

        werk op die kleiduif baan. 

12.  Skietdag: Chasa 14 Maart

        Inskrywings gelde is vasgemaak vir alle skietdae. En is teen die voordeur

        gesit soos Leon gevra het.

        Baanoffisiere vir skietdag: Bryan Hyland, Tinus Erasmus, Armando Dos       Ramos, Anita Smith, Martin Geldenhuys.

        Francois het gevra of dit die vergadering se goedkeuring sal wegdra dat ons

        die S/S Posliga kan inbring op die Voorseisoen skietdag se reels, omrede

        ons net 3 Chasa skietdae het die hele jaar.  Die vergadering keur dit goed.

       

13.   Opleiding

        Jnr Opleiding 10-13jaar.  Jnr 1 vind plaas op 20-23 Maart by BJV Skietbaan.

        Tinus bedank elkeen sover wat insette en hulp verleen aan die naweek. 

        Geen maar geen ouers sal toegelaat word om gedurende die kursus sy kind

        te besoek nie.  Nadia sal sms uitstuur sodat die lede ook weet dat die baan gesluit sal wees vir die naweek. Baie dankie aan die borge wat vir kinders

        betaal.  Kings Walden wil 1 kind borg vir die Jnr 1 en daardie selfde kind

        borg vir Jnr 2.  Baie dankie ook aan Giam wat ‘n kind vir ons gaan borg.

14.   Jnr Jagters Stigtings Vergadering:

        Hansie sal op hoogte hou van hoe sake vorder met die Stigting van Jnr’s.

15.  Jaggeleenthede

        Francois vra as iemand weet van iets moet dit bietjie deur gestuur word.

16.  Chasa Handwapen Dissiplines:

        Hansie deel dat wat die status vir jou kan beteken.  Dit is net nog ‘n

        Toevoeging tot jou Toegewyde Status. Hoe verder ons kom met die status

        hoe meer inligting sal ons deur gee aan die lede.

17.   Algemeen

17.1  Massa Epos en Sosiale Media Kommunikasie: Francois vra dat lede asb

        Versigtig moet wees van wat hulle sê op bv Fb en ook versigtig wees vir die

        Foto’s wat hulle op die netwerke laat.  Daar is soveel mense wat gekant is

        teen jag ensv.  Francois vra ook aan Nico Wepener dat as daar kom-

        munikasie gestuur moet word, dat Debbie dit eerder aan ons seketaresse

        sal stuur sodat ons weet waaroor dit gaan.  Anders kry ons talle oproepe en

        ons het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie.

        haal sal word vir die Impala nie.  Takke word aangemoedig om eerder

        borge te kry wat in die Impala sal adverteer.

17.2  Groeperings Skietdag:  Oom Chris de Wet vra of asb die jaar vroer kan

        Begin om die briewe uit te gee.  Francois verduidelik aan Oom Chris dat ons

        alreeds besig is daarmee en dat die brief binnekort via Epos sal uitgaan. 

        Dit is van kardinale belang dat ons borge die jaar vroeg takel. Ons gaan die

        jaar maar weer die stalletjies nooi, so as hulle wil kom is hulle welkom.

17.3  Kleur Variasies: Nico Wepener het die punt aangevra.  Hy verduidelik dat

        ons asb nie moet deelneem aan die menings opname van dit nie.  Daar is

        mense soos WRSA en Chasa wat namens BJV optree.  As enige iemand julle

        vra om Menings Opnames in te stuur as ignoreer hulle.

17.4  Kleiduif Opening:  Beplanning rondom die dag verloop redelik goed.  Daar

        gaan geadverteer word in die koerant vir die opening.  Stefan vra asb net

        as daar ekstra baan offisiere is wat die dag kan help.      

 

Vergadering verdaag.

 

Die volgende Ledevergadering sal plaasvind op

Donderdag 9de April 2015 om18:00 by dieKlubhuis.

 

 

        ...........................................

        Voorsitter

 
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
BJV