Hierdie lede-afdeling se doel is tweevoudig : Eerstens om inligting oor belangrike sake en aktiwiteite aan lede deur te gee, en tweedens om te sorg dat lede-inligting korrek weerspieël word. Om jou inligting na te gaan, gaan in by "lid besonderhede bevestiging" links onder op hierdie bladsy -log in deur jou lidnommer (sonder die H, S of J agtervoegsel) in te sleutel, saam met jou van en ID Nommer. Juniors of gesinslede moet op die hooflid se nommers ingaan. Indien jou besonderhede nie reg is nie of iets kort (ons soek veral selfoonnommers en e-pos adresse), of van jou kwalifikasies nie wys nie, beskryf asseblief die veranderings in die blokkie vir die doel onder aan die webbladsy en druk "send". Maak seker dat jou inligting korrek weergegee word - veral met betrekking tot adresse en selfoonnommers, kwalifikasies behaal en aktiwiteite bygewoon. Alle ledevergaderings, skietdae en kompetisies word van registers en presensielyste af opdateer. Indien jy met die inligting op jou persoonlike profiel hier weerspieël verskil, moet jy so gou moontlik met jou taksekretaris of sekretaresse kommunikeer om dit reg te stel. Jy is self verantwoordelik vir die verifiëring van jou data. Sorg dat behoorlike, verifieerbare brondokumente van jagte by jou tak uitkom sodat jou status as Toegewyde Jagter bewys kan word. Indien jy dit nie regkry om in te log nie, is jou ID Nommer op die databasis dalk foutief. Skakel dan asseblief jou taksekretaresse dat sy jou ID en lidnommer kan verifieer terwyl jy met haar praat.