Bosveld Jagters- en Wild- bewaringsvereniging bestaan uit 9 takke naamlik Kremetart in Messina; Soutpansberg in Louis Trichardt; Letaba in Tzaneen; Pietersburg; Potgietersrus; Waterberg in die Nylstroom area; en Magaliesberg in die Pretoria omgewing, Hoedspruit en Laeveld Tak in Nylstroom. Elke tak bied 'n kaleidoskoop van aktiwiteite aan en elkeen het 'n eie kultuur uniek aan sy streek. Kontak die verskillende besture en vind meer uit oor waar jy kan inskakel. Hou almal se kalenders dop en geniet saam met die verskillende takke hulle aktiwiteite.
Indien jy nie jou tuisdorp hier sien nie en graag by ons wil in skakel kan jy óf by die naaste tak aan jou inskakel óf met die uitvoerende voorsitter kontak en ons help jou graag met takstigting.
Bosveld Jagters moes, na geografies verspreide lede uitbreiding sedert 1969, lede groepeer en dit het gelei tot takke se ontstaan.
Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon ‘n bestendige groei sodat daar tans meer as 700 lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.
Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging is in Augustus 1969 gestig in Pietersburg.
Kremetart tak is geleë in Musina op die Zimbabwe grenspos (Beitbrug)
Die Magaliesberg tak is gestig op 11 September 2003.
Laeveld tak is gestig op 15 Januarie 2025 te Klipspringe Lodge, Uitkyk, Mount Bekker, Uitkyk Pad, Mbombela.